Lees ons Stigter se Storie.

Ontmoet Mnr. Johan Steyn.

Dit gaan nie net oor een man wat wen nie. Dit is oor almal wat saam wen. Die visie is duidelik. Sy sukses en sy mense se sukses is die selfde ding. Dit is die enigste manier vorentoe.

Ek het groot geword op n plaas net buite Bloemfontein. My oupa het my geleer hoe om n trekker te ry nog voor ek nog by die pedale kon bykom. Ek onthou die diesel walms, die brul van die enjin en die manier wat hy sy kop sou skud elke keer as ons die tenk sou vol maak. “Johan” sou hy vir my se. “Brandstof eet ons winste op”, maar hier is wat mense nie verstaan nie. Brandstof het  nie net die trekker seer gemaak nie, brandstof affekteer alles. Want elke liewe ding kom van ʼn trok af. Diere kos. Motor parte. Medisyne vir die vee. Aflewerings trokke brand die brandstof. Elke keer as die brand stof pryse op gaan dan gaan die  aflewerings fooi op . Partykeer het die trok nie eers opgedaag nie. Vars produkte vrot in die velde. Winste verdwyn  voor die oes nog die plaas verlaat het. Ek het gekyk hoe goeie mans honger gaan slaap, want die aflewerings sisteem het hulle in die steek gelaat.

Dit het iets in my gebreek. Nie oordat ek wou ryk wees nie, maar omdat ek moes toekyk hoe mense harder as enige iemand anders werk en nog steeds sukkel om kos op die tafel te sit. Bure wat nie skool fondse kan bekostig. Boere wat hulle land moes verkoop want hulle kon nie by hou nie. Families wat gebid het vir ʼn deurbraak wat nooit gekom het. Ek het toegekyk hoe banke net vat en vat. Hulle het nie omgegee nie. Hulle het nooit omgegee. Hulle leen geld uit teen ʼn rente koers van vyf en twintig persent, dan betaal hulle jou  vier persent. Jou geld werk. Jy kry krummels. Ek het myself toe belowe- nie op papier, nie in ʼn beheerraad kamer, maar op daardie stowwerige plaas- dat as ek ooit n manier kon vind om dinge te verander, dan sou ek dit nie vir myself hou nie. Ek sou dit terug bring na my mense.

Toe ek die plaas verlaat het, het ek gaan toer. Ek het gewerk in logistiek in die Verenigde Koninkryk, Duitsland, Amerika en Nederland. Ek het gesien hoe aflewerings werk in die moderne ekonomie. Maar meer belangrik, ek sien hoe ander gemeenskappe na hulle mense omsien. Die Joodse gemeenskappe het hulle eie beleggings netwerke. Die Indiese gemeenskappe het hulle familie-bestuurde besighede wat oor generasies strek. Die Chinees gemeenskappe  het hulle eie vertroue gebaseerde sisteem wat miljoene skuif sonder ʼn elke bank vorm. Die Moslem gemeenskap, deur vennootskap en

verdeling van winste het van die grootste eiendom portefeulje  in die wêreld. Hulle kombineer hulle fondse. Hulle vertrou mekaar. Hulle groei saam. En toe vra ek myself, hoekom nie ons? Hoekom kan Afrikaanse mense nie iets van ons eie hê nie? Iets gebou deur ons, vir ons. Waar almal wat wil deel wees daarvan voordeel trek.

Die Vraag het in die missie verander. Toe ontmoet ek twee mans wat alles verander het. Eerstens, Mnr Yang vanaf China. ʼn Vervaardiger van elektriese motorfietse. ʼn Man wat glo dat vervoer  nie die planeet moet vernietig of mense se beursies. Hy se: “Johan, ek het die motorfietse. Ek het die kwaliteit. I benodig net iemand wat die paaie verstaan, die mense, die stryd.

Tweedens, Mnr Al- Mansouri van Saoedi-Arabië. ʼn Besigheidsman wat alreeds iets uitsonderlik gebou het saam met sy Moslem broers. Hulle kombineer hulle fondse- nie deur banke, nie deur leunings nie, maar deur vertroue. Hulle het land gekoop. Hulle het kommersiële eiendomme reg oor Saoedi-Arabië en ander Middel Oosterse lande. Toe residensiële eiendomme . Toe hele behuising ontwikkelings. Hulle het nie daar gestop nie. Hulle portefeulje groei regoor Afrika, Europa en selfs dele van Amerika. Kantoor geboue in Dubai. Residensiële komplekse in Kaïro. Logistieke sentrums in Istanbul. Winkel persele in Londen. Binnekort ook eiendomme in Vereenigde State. Alles gebou deur Moslem broers, wat hulle geld saam gevoeg het, winste regverdig deel, geen banke wat ʼn gedeelte neem. Mnr. Al- Mansouri het na my gekyk en gesê: “Johan, ons het ons eie planne. Dit werk want ons vertrou mekaar. Wat van jou  mense? Verdien hulle dan nie dieselfde?

Ek het vir hom vertel van my oupa. Oor die brandstof. Oor die plase. Oor Afrikaanse mense wat hulle hele lewens lank werk en dan niks het om daarvoor te wys nie. Hy het geluister. Toe se hy vir my iets wat ek nooit sal vergeet nie. “Johan, ek het jou al ʼn rukkie dop gehou. Jy is eerlik. Jy werk hard. Jy gee om oor mense. Dit is hoekom ek jou gaan help. Ek sal jou voorstel aan my logistieke vennote reg oor die Middel Ooste. Ek sal deure vir jou oopmaak, maar jy moet my  een ding belowe. Wanneer jy suksessvol word , bring jou mense saam met jou. Moenie soos die banke word nie. Deel die winste.

Dit was die oomblik toe alles verander het. Mnr Al- Mansouri het my nie net advies gegee nie. Hy het my van sy netwerk voorsien. Hy het oproepe gemaak. Hy het deure oop gemaak wat my jare sou geneem het op my eie. Hy het gese : “Gaan bou jou droom, Johan”. Gaan bou dit vir jou mense.

So toe kom ek huis toe. Ek het gaan sit met my vriende. Nie beleggers in besigheids pakke nie. Normale mense. Mnr van der Merwe vanaf Stellenbosch, wat ʼn klein wyn uitvoer besigheid bestuur. Mnr. Smit vanaf Knysna, ʼn afgetrede ingenieur wat vir sy kleinkinders ʼn beter toekoms wou gee. Mnr. Botha vanaf Springbok in die Noord Kaap, ʼn boer wat moeg was van brandstof kostes wat sy winste opeet. En dan Mnr. Pretorius vanaf Pretoria, ʼn skool hoof wat veels te veel ouers sien sukkel het om skool fondse te betaal. Ons het ons gelde saam gevoeg. Nie miljoene nie . Net wat ons kon. Ons het ons eerste lot elektriese fietse gekoop. Klein. Nederig. Maar dit was ons sin. Geen bank het ons besit nie. Geen aandeelhouer wat op dividende aandring. Net Afrikaanse mense, wat bymekaar gesit het wat ons gehad het en iets gebou het vir onsself.

Toe het iets onverwags gebeur. Groot besigheids eienaars het gehoor waarmee ons besig was. Hulle het die visie gesien. Hulle het gesien dat ons nie besig was om te bedel vir donasies. Ons was besig om te bou. Hulle het gevra om by ons aan te sluit. Sekeres het groot bedrae gegee. Hulle het die gesien dat sukses moeilik bekombaar sou wees alleen, maar saam kon ons berge versit. Die woord het versprei. En hier is waar Mnr. Al-Mansouri’s  se hulp kosbaar was. Hy het ons in kontak gesit met logistieke vennote regoor die middel Ooste. Hy het gesê : “Johan, bring jou fietse na Saoedi-Arabië. Bring hulle na Dubai. My vennote sal dit met ope arms verwelkom.” Mnr. Yang het gesê : Ek sal jou voorsien van China af. Jy moet net fokus op die bou van die netwerk. En sommer netso het eMovly globaal gegaan. Nie omdat ons gelukkig was nie, maar want ons het vriende gehad wat in ons geglo het, en ons het geglo in ons eie mense.

En laat ek duidelik wees met iets belangrik. Terwyl eMovly gebou was deur Afrikaanse mense vir Afrikaanse mense, sal ons nie ons deure toemaak vir enige iemand nie. Ander nasies het al gesien wat ons gebou het. Hulle sien die visie. Hulle sien die integriteit. En hulle wil deel wees daarvan. Ons verwelkom hulle. Ons groei saam. Want sukses is nie ʼn kompetisie nie. Sukses is ʼn gety wat alle skepe oplig. Elke persoon wat geglo het in wat ons doen, maak nie saak watse taal hulle praat, maak nie saak wat hulle agtergrond is nie- is welkom om by ons  familie aan te sluit. Dit is wat eMovly anders maak as ander beleggings. Ons is nie ʼn bank nie. Ons is nie ʼn gesiglose koöperasie nie. Ons is ʼn gemeenskap.

Vandag het eMovly stoorhuise in die Verenigde  Koninkryk, Europa en die Middel Ooste. ʼn Suid-Afrikaanse maatskappy wat wonders doen in ander lande. Ek hier is wat my so trots maak. Ons maatskappy doen beter in die Verenigde Koninkryk, Europa, Kanada en die Middel Ooste as wat ons doen in Afrika. Europese het by ons aangesluit. Britse beleggers het by ons aangesluit. Mense reg oor die Middel Ooste het by ons aangesluit. Hulle het gesien wat ons gebou het, hulle het ons vertrou en hulle het aan boord gekom. Hoekom? Want ons is eerlik. Want ons lewer. Want ons deel winste. En hier is ander voordele. Die geld eenheid in daardie lande is sterker. Die Britse pond. Die Euro. Die Kanadese doller. Die Amerikaanse dollar ens. Wanneer ons inkomste kry in daardie geld eenhede verdien ons nie net meer nie. Ons beskerm ons rykdom teen die op en af van ons eie ekonomie. Dit bevoordeel elke liewe een van ons. Afrikaanse mense bou hierdie maatskappy en nou betaal die wêreld ons in sterker geld eenhede. Dit is hoe ons wen.

Ons het kliënte in Londen tot Dubai, vanaf Toronto tot Riyadh, vanaf Kaapstad tot Windhoek. Ander nasies is lief vir ons gemeenskap. Hulle sien wat ons bou. Hulle vertrou ons. Sluit by ons aan. Ons wen oral. Want ons bou iets eg. Iets wat werk. Iets wat mense help.

En hier is opwindende nuus wat nog nie welbekend is nie. Ons is in gevorderde gesprekke met internasionale betalings vennote. Binnekort – en ek kan jou nie presies ʼn datum gee nie maar binnekort- sal ons eie eMovly debiet kaarte bekend stel. Verbeel jou hierdie. Jy word wakker. Jy kyk na jou eMovly beleggings balans. Jy sien jou maandelikse inkomste het opgedaag. Jy loop na jou naaste OTM. Jy gebruik jou eMovly kaart. Jy onttrek jou fondse. Geen rede om te wag vir bank oorbetalings. Geen toestemming vra vir vondse beskikbaar maak. Jou geld, in jou hande. Dadelik. Enige plek in die wêreld. Dit is waarheen ons oppad is. Dit is die toekoms wat ons besig is om te bou vir ons mense.

Laat ek jou nou vertel hoe eMovly geld maak. Ons dobbel nie. Ons spekuleer nie. Ons speel nie met die aandele beurs waar pryse op en af gaan gebaseer op die gevoel van vreemdelinge. Ons dobbel nie met kripto geld eenhede waar fortuine oornag verdwyn. Ons bou regte waardes. Ons verhuur ons fietse aan logistieke vennote. Daardie fietse verdien elke dag ‘n inkomste. Ons herstel en onderhou die fietse. Ons verkoop vervangbare parte. Ons bied battery vervang dienste. Ons konsulteer met ander logistieke maatskappye wat oorskuif na  ʼn elektriese vloot. Elke liewe een van hierdie  strome lei terug na jou. Elke liewe maand, kry jy jou deel. Dit is  ʼn belofte. Dit is hoe ons gewerk het van dag een af. Terwyl jou banke jou fooie vra en jou niks betaal. eMovly  deel winste. Terwyl die aandele markte val en jou spaar geld saam vat. eMovly hou aan uitbetaal. Terwyl krypto markte inmekaar stort, en jou los met niks. eMovly hou aan diens lewer. Ons is nie dieselfde nie. Ons is beter.

Wat het hierdie beteken vir ons mense? Alles. ʼn Boer in die  Oos-Kaap  het sy maandelikse uitbetaling gebruik om son panele te koop. Hy bestuur nou sy eie besproeiing sonder Eskom. ʼn Afrikaanse ma in Tzaneen betaal vir haar dogter se ingenieurs diploma. Geen lenings. Geen skuld. Net eMovly. ʼn Afgetrede paartjie in Ballito wat hulle tweede kar verkoop het, want hulle het dit nie nodig gehad nie. Hulle lewe op hulle maandelikse uitbetalings. Hulle toer. Hulle werk in die tuin. Hulle sien hulle kleinkinders. ʼn Jong man van Namibië het ʼn vervoer besigheid begin met eMovly fietse.  Hy het 6 drywers in diens geneem. Hy  is besig om iets te bou wat sy vader nooit sou dink is moontlik. Ons gemeenskap het huise al gekoop. Plase gekoop. Vir troues betaal. Kinders universiteit toe gestuur. Besighede begin. Vakansies  moontlik gemaak wat mense nooit sou kon bekostig. Ouers laat aftree met waardigheid. Hulle kinders help hulle eerste kar koop. Hierdie is nie ʼn droom nie. Dit is besig om te gebeur elke liewe dag.

Maar laat ek jou vertel van die groot prent. As gevolg hiervan het ons maatskappy oor die R4 Billion in beleggings van mense en besighede reg oor die verskillende lande. Ander nasies sien wat ons bou. Hulle sien Afrikaanse mense wat iets besonders doen. Hulle wil deel daarvan wees. Hulle wil by ons aansluit. Nie as base nie. As vennote. As iemand wat in ons geglo het. Dit is die krag van iets bou vir jou mense. Wanneer jy dit reg doen neem die wêreld notisie.

Nou moet ek jou iets belangrik vertel. Ons gaan nie verewig oop wees nie. Ons het visie, en deel van daardie visie is om ons gemeenskap sterk en gefokus te hou. Ons soek net mense wat regtig glo in wat ons bou. Mense wat moeg is vir banke. Mense wat moeg is om te kyk hoe hulle geld niks doen. Mense wat deel wil wees van iets groter as hulleself. So ons nommers is beperk met nuwe bydraers. Wanneer ons ons doelpunt bereik, dan sal die deure toe wees. Nie omdat ons nie wil groei nie. Want ons wil groei met die regte mense. Die mense wat nou by ons aansluit sal die enigstes wees wat die voordele trek. Die wat wag sal op die kantlyn bly. Dit is nie ʼn dreigement nie. Dit is net die waarheid. Ons is beperk met mense wat deel van ons familie wil bly!

Die banke het dit nooit vir ons gedoen nie. Hulle het ons geld gevat. Hulle het dit geleen aan vreemdelinge. Hulle het ons krummels betaal. Die aandele mark dobbel met jou spaar geld en noem dit om te belê. eMovly is anders. Ons deel winste. Elke maand. Regverdig. Jy het nie nodig om ryk te wees om te begin nie. Die minimum is $270. Dit is R4470.Dit is minder as ʼn gebruikte kar. Minder as ʼn naweek weg. Minder as ʼn nuwe selfoon. Meeste mense begin daar. Hulle sien die eerste uitbetaling. Hulle sien dat dit werk. Dan sit hulle meer by. Dit is hoe ons bou. Stadig. Standvastig. Saam. ʼn Gemeenskap. ʼn Familie. ʼn Gemeenskap. As ʼn familie. As mense wat uiteindelik besluit het dat genoeg,is genoeg.

Ek dink gereeld aan my oupa. Hy het nooit gesien wat ons gebou het nie. Maar ek weet hy sou trots wees. Nie oor die geld nie. Want ʼn Afrikaanse man van ʼn Vrystaat plaas  het ʼn probleem gesien wat sy mense seer gemaak het- brandstof kostes wat aflewerings dood maak, plase wat winste verloor, families wat wag op produkte- en hy het nie gewag vir die bank om te help. Hy het vriende gevind in China. Vennote in Saoedi-Arabië. Saoedi-Arabië. n Broer in geloof, Mnr. Al- Mansouri, wat deure oopgemaak het en gesê het : “Gaan bou iets vir jou mense.” Hy het huis toe gekom en gesê aan sy gemeenskap: “Laat  ons iets bou van ons eie.” En ons het. En nou herken die wêreld dit. Ander nasies sluit by ons aan. Ons gemeenskap groei. Ons mense is besig om te wen. En ons begin nou eers.